WeRead Powered by ReaderPub
Bang vir die lewe cover

Bang vir die lewe

Chapter 2: VOORWOORD AAN DIE LESER.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The narrative follows a hardworking provincial family as they cope with returns, departures, secrets and bereavement. A long-suffering matriarch anchors household life while adult children arrive from service and travel, sparking reunions, romances, and disputes. Quiet moral contrasts repeatedly appear between complacent, pampered figures who shrink from struggle and resilient relatives who face duty and sacrifice. Episodes trace preparations for public rites, whispered confidences about hidden loves, a death that deepens mourning, and the gradual search for calm acceptance. Plain description and restrained sentimentality emphasize character, duty, and the steady courage of everyday people.

VOORWOORD AAN DIE LESER.

Hierdie verhaal het, as vervolgstorie, in „Die Brandwag” verskyn, van die allereerste nommer af.

Baie boeke van die buiteland, en veral romans, behandel toestande, persone en insigte wat vir die gewone Afrikaanse leser vreemd en dus onverstaanbaar en ongenietbaar is. Dit kan van hierdie boek nie gesê word nie: wat hier aan ons vertoon word, is algemeen-menslik—sulke persone en hartstogte en gevoelens en kontraste tref ons by ons net so aan.

Sonder dat die outeur as sedemeester optree, gaan daar ’n sterk morele invloed van sy boek uit, deurdat hy ons op meesterlike wyse die teëstelling laat sien tussen swakkelinge—ryk en bedorwe sywurms wat bang is vir die lewe en stryd en strewe daarvan—en ’n famielie van staatmakers wat sout en krag in hulself het.

Die sentrale figuur is ongetwyfeld die brawe ou moeder Kibert—vir haar vergeet ons nooit weer nie as ons die verhaal gelees het. En ons dink daarby aan die talryke Afrikaanse moeders en dogters wat agtien jaar gelede op so treffende wyse aan die wêreld getoon het hoe min hulle vir die lewe bang was—en vir die dood. Hulle rus daar op ons velde vandag, dog die dag sal kom dat Afrikaanse skrywers ook uit hul lewe stof sal haal vir roerende en opbouende verhale. Dog die gewone lewe lewer daartoe al stof genoeg op; hierdie skrywer—soos elke goeie skrywer—maak die gewone vir ons interessant en het geen kunsies, soos intrigue en sulke goed, nodig nie.

Hierdie verhaal is goed inmekaargesit. Die skrywer gee nie onnodige praatjies en beskrywinge nie; ook sy natuurbeskrywinge is net van pas op die toestande wat voorgestel word en nie plesiertuintjies waar die outeur in verdwaal en die verband van sy storie versteur nie.

Die Vertaler.