WeRead Powered by ReaderPub
Die prosa van die twede Afrikaanse beweging cover

Die prosa van die twede Afrikaanse beweging

Chapter 151: I.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

A scholarly survey examines prose produced during the early twentieth-century Afrikaans literary revival, tracing its historical context, cultural conditions, and stylistic tendencies. It analyzes polemical writings, periodical contributions, and works by principal prose authors, supplying biographical notes and close readings of novels, short stories, satire, didactic pieces, animal sketches, travel writing, and historical prose. Chapters address tensions with earlier literary currents, risks of cultural isolation, Calvinist influence on aesthetics, language problems including anglicisms, and features of dialogue and narrative technique. The author assesses critical debates and offers a subject-based taxonomy and evaluation of the movement's thematic and stylistic limitations.

§ 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg.

Moedersmart en Kinderleed, (1921).

"Dis van die grootste belang dat persoonlike ondervindinge, soos hierdie in verband met die lewe in die Konsentrasiekampe, vir die nageslagte bewaard bly. Dis almal kosbare materiaal vir die toekomstige skrywers wat ernstige werk sal maak van ons geskiedenis en ons volk se geaardheid noukeurig sal bestudeer." Aldus Jan Celliers in sy voorwoord, en daarmee het hy die waarde van die boekie goed aangedui. Die skryfster het agtien maande in die konsentrasiekampe gesit en deel haar ervarings op ongekunstelde wyse, sonder enige literêre pretensies mee. Sy praat so reg uit haar hart oor die dae van bitter swaarkry en ons luister met ontroerde gemoed.... In algemene trekke ken ons die lydensgeskiedenis van die kampe, maar dis juis die persoonlike element van herinneringe soos die van Mevr. Boshoff wat daar 'n inniger lewe aan sal gee vir die nageslag. Daar is ander vroue wat hul ondervindings ook te boek gestel 't, en dis 'n voorbeeld wat navolging verdien, want daar gaat nog meer as een vertelling uit dié tyd van mond tot mond, wat vir ons geskiedenis nie mag verlore gaan nie.

Die twede gedeelte van Moedersmart en Kinderleed bevat "herinneringe uit die laaste oorlog", o.a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur drank", wat oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte.

"Alles hierin meegedeel is die waarheid en niks minder dan die waarheid," verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die meedelings, wat dus van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige kyk gee op die lyding van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy dit gedra 't.

VOETNOTAS:

[405] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: De Eerste Afr.-Taalbeweging1, p. 18 vlg.

[406] t.a.p., p. VII (10de druk).

[407] Vgl. Hoofstuk I, § 9.

[408] Piet Retief, p. 351.

[409] Vgl. Hoofstuk II en III.

[410] Voorwoord, 7de druk.

[411] Die Brandwag, Des. 1918.

[412] In 1922 het Voortrekkermense III verskyn. Dit bevat dertien geskiedkundige dokumente.

[413] Oor die taal van Preller kan vergelyk word: Dr. E.C. Pienaar, Taal en Poësie2, (p. 146-151).

[414] Vgl. b.v. die aangehaalde voorbeelde uit Kaptein Hindon.

[415] Oorspronklik verskyn in die Jaarboek van Het Westen(1909), later in Die Burger-Nuwejaarsnommer (1922).

[416] In Hoofstuk V, § 17, is 'n lewensskets al gegee.

[417] So staan die saamgestelde woorde deur die hele boek los van mekaar.

[418] Hiermee moet vergelyk word 'n soortgelyke toneel van F. Lion Cachet.

[419] Sitate volgens 2de druk (1917).

[420] Gedeeltelik ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.

[421] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: Taal en Poësie2 ens., p. 256 vlg.

[422] Freeholder, No. 35.

[423] Rambler, No. 60.

[424] So 'n bewering is beslis onjuis, as ons onthou dat die tietels van Ds. S.J. du Toit se boeke sewe paginas in beslag neem! (p. 426-432). Daaruit moet tog 'n volkome beeld van die man se inwendige lewe op te diep wees.

[425] Ek kursiveer.

[426] Rev. Thomas Davidson: Chambers's Encyclopaedia in die artiekel "Biography".

[427] 'n Werk van dieselfde geaardheid het onlangs verskyn: Die Afrikaanse Vrou, "'n Beknopte oorsig van die rol wat die vrou in die Geskiedenis van S.A. gespeel het in die 350 jaar tussen 1568 en 1918" deur Eric Stockenström.

[428] Voorberig.

[429] Vgl. Dr. G. Besselaar: Z.A. in de Letterkunde, p. 80.

[430] Lewensskets ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918.

[431] p. 228. Ek kursiveer.

[432] Vgl. ook p. 130.

[433] Die tipografiese uitvoering van die boek laat veel te wense oor.

[434] Ek kursiveer.

[435] Ook deur Preller in Baanbrekers beskryf.

[436] Voorberig, Die Voortrekkers2.

[437] Oor Kestell se Hollandse werk kan vergelyk word Dr. G. Besselaar: Z.A. in de Letterkunde.

[438] In 1922 het die twede uitgebreide druk van Christiaan de Wet verskyn, te laat egter om hier nog bespreek te word. Die sitate is volgens die eerste druk.

[439] Des. 1918.

[440] Kursivering van my.

[441] Kursivering van my.

[442] Vgl. hiermee: "Hulle was te ver vooruit, anders het hy 'n grote voorraad ammuniesie kan opgelaai het wat op die trein was." (C. de Wet, p. 82.)

[443] Vgl. ook p. 61, 143.

[444] Vgl. ook op p. 215 die sin wat so begint: "Hierop het Smuts aan hom meegedeel...."

[445] p. VII. Ek kursiveer.

[446] t.a.p. vol. I, p. 1-2.

[447] Vgl. Edwards and Hole: A Handbook to the Literature of General Biography, p. 13-22.

[448] Encyclopaedia Britannica, in die artiekel: Biography.

[449] Edwards and Hole, t.a.p., p. 24-5.

[450] Gesiteer deur James Boswell in sy Life of Samuel Johnson. Hy gee daarby die volgende vertaling van Langhorne: Nor is it always in the most distinguished achievements that men's virtues or vices may be best discerned; but very often an action of small note, a short saying, or a jest, shall distinguish a person's real character more than the greatest sieges, or the most important battles." Uitgawe Napier, I, p. 6.

[451] Rambler, No. 60.


NAAMREGISTER.

Alleen die name van Suid-Afrikaanse skrywers en persone is hier opgeneem. Die plek waar die vernaamste bespreking(s) voorkom, is met kursiewe syfers aangedui.

A.
Aschenborn, Hans Anton, 269
B.
Beyers, Generaal C.J., 292. Boshoff, Dr. S.P.E., 292-293.
Bezuidenhout, Daniel, 313. Bosman, Sadie, 225-228.
Biel, A. du, 58, 200-205. Brink, Melt, 2, 3, 197.
Blok, Thos., 304-305 Bruggen, J. van, 21, 23, 46, 47, 161-176.
Boonzaaier, 121.
Booysen, C.M., 205. Bruggen, J.R.L. van (Kleinjan), 47, 58.
Boshoff, J.N., 313.
Boshoff-Liebenberg, Mevr. Lenie, 324. Brümmer, Ds. N.J., 14, 29, 32, 33, 43, 44.
C.
Cachet, Prof. Jan Lion, 231.

Celliers, Prof. J.F.E., 5, 7, 10,
11, 12, 15, 17, 22, 31, 47,
48-53, 194, 207, 228, 285, 324.

Cillié, Dr. G., 12.
Cillié, Hettie, 46-53.
Conradie, Ds., 27.
D.
D'Arbez, Sien Oordt, J.F. van. Dugteren, C.J.L. Ruysch van, 55.
Dómine, Sien Jacobs, A.J.
E.
Engela, J.G., 135-136. Erasmus, D.J., 308.
Engelbrecht, J.F., 55. Euvrard, Chris. C, 158-159.
Engelenburg, Dr. 277.
F.
Fagan, Adv. H.A., 36, 57, 181-183. Fouché, Dr. Leo, 105.
Fanie, Oom, Sien Malan, J.H. Fourie, Chris, 185.
G.
Gass, Van, 278. Gieljam, Stoffel, Sien Langenhoven.
Gerdener, Ds. G.B.A., 305-307. Goldblatt, Sarah, 182.
H.
Hatting, J.H., 278. Hermanus, 59.
Heerden, Ds. J.P. van, 11. Hertzog, Genl., 6, 101.
Heerden, Mevr. Iz. van (Tannie
van die Brandwag), 46.
Hoffman, Pres., 304.
Hofmeyr, J.H. (Onze Jan), 41, 313.
Heerden, Iz. van, (Vaalswaer), 54. Hofmeyr, Marjorie, 182.
Heever, Adv. F. v.d., 60. Hoogenhout, C.P., 209.
J.
Jacobs, A.J. Dómine, 270-273. Jeppe, Carl, 55.
Jansen-Pellissier, Mevr. M., 46, 205-209. Jordaan, G., 261.
K.
Kamp, Prof. J., 18. Klerk, L.C., de 278.
Keet, Prof. B.B., 36. Koopmans-de Wet, Mevr. Maria,
41, 302.
Kestell, Ds. J.D., 17, 313-317.
Kleinjan, Sien Van Bruggen, J.R.L. Kruger, Ds. J.H., 219-225.
Kruger, Pres., 7, 23, 283.
L.
Langenhoven, Adv. C.J., 21, 24,
37, 38, 39, 40, 136-140,
239-248, 249-259, 277, 284.
Leipoldt, Dr. C. Louis, 34, 58,
259-261.
Lombaard, H.S. 291.
Linde, M., 58. Lub, J., 21, 133-135.
M.
Malan, Dr. D.F., 13, 31. Malherbe, Mevr. K., 60.
Malan, Essie, 182. Malherbe, Dr. W.M.R., 33, 45, 206.
Malan, J.H., 21, 159, 160, 209-219,
288-291.
Maritz, Genl., 53, 293.
Merwe, Dr. N.J. van der, 317-324.
Marais, Adv. Eugène, N., 47, 48,
60, 276.
Meurant, L.H., 1.
Mimmie, Nig., 54.
Marais, Prof. I.J., 16, 17. Moorrees, Prof. A., 17.
Maré, Léon, 23, 46, 188-197. Muir, Dr., 177.
Maré, Steph, 55.Muller, Dr. T.B., 34-36, 176.
Marius, 45. Munnik, Senator G.G., 311-313.
Malherbe, Dr. D.F., 43, 60, 94,
141-158.
N.
Neelsie, Sagmoedige,—Sien Langenhoven.
O.
O'Kulis, Dr.,—Sien Postma,
Ds. Willem
Oordt, J.F. van, 55.
Oosthuyse, Marthinus, 313.
Oldendorf, Helene, 182, 183. Otto, G.J., 207, 228-229.
P.
Pannevis, A., 1. Postma, Rikie, 58, 182.
Pienaar, A.A., (Sangiro), 23, 58,
262-269, 293.
Postma, Ds. Willem (Dr. O'Kulis),
231-233, 300-304.
Pienaar, Dr. E.C., 11, 29, 42, 57,
128, 137, 141, 287.
Preller, G.S., 5, 21, 24, 30, 31,
37, 42, 45, 46, 47, 137, 274,
275, 276-288.
Pierneef, 184.
Plessis, L.J. du, 292. Pretorius, President, 276.
R.
Reitz, Pres. F.W., 2, 312. Roux, Frina, 184.
Reitz, Joubert, 159-161, 210. Rozenburg, Jan van, Sien Waal,
Adv. de
Rey, Genl. de la, 276.
Roubaix, E. de, 45, 46, 53-54. Reenen, Reenen J. van, 11, 23, 59,
183-188, 234-239.
S.
Sangiro, Sien Pienaar, A.A. Smuts, Generaal Jan, 65, 100.
Schoon, Ds. H.F., 278. Steenkamp, Anna, 278.
Schumann, T., 182. Steyn, Dr. H.J., 11, 15.
Slypsteen, 230. Steyn, President, 275, 313.
Smit, Erasmus, 278. Steytler, Ds. A.I., 40.
Smith, J.A., 294-295.Swart, C.R., 182.
Smith, Prof. J.J., 1, 2, 15, 34, 36,
40, 55, 57, 176, 205.
T.
Tannie van die Brandwag, Sien
Mevr. Iz. van Heerden.
Toit, Dr. J.D. du, (Totius), 16,
231, 232, 296-300.
Theunissen, N.H., 59, 182. Tomlinson, G.C., 36, 176-180.
Toit, D.P. du, 24, 197-199. Totius, Sien Toit, J.D. du,
Toit, Ds. S.J. du, 1, 2, 41, 197,
292, 297, 298, 300.
Trichardt, Karl, 279.
V.
Vaalswaer, Sien Iz. van Heerden. Viljoen, Dr. W.J., 210.
Velden, D. van, 313. Villiers, F.E. de, 182.
Veritas, 182.
W.
Waal, Adv. J.H.H. de, 21, 24,
29, 30, 41, 42, 43, 47, 100-133,
230, 285, 286, 300.
Wet. Mevr. De, 316.
Wielligh, G.R. von, 28, 62-99,
182, 183.
Walt, A.J. van der, 307-311.Wijk, Eugène C. van, 182.
Wessels. D.W., 182. Wolla, 229.
Wet, Generaal De, 313.
Z.
Zinn, Christian, 140-141.

STELLINGE.

I.

Die aandeel van Gustav Preller in die Twede Afrikaanse Beweging word deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie oorskat.

II.

By die literatuuronderwys behoort die hoofdoel nie te wees die uitpluisery van taalkundige vraagstukke nie, maar wel die opvoeding tot 'n begrip van skoonheid.

III.