WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 11: VII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

VII.

Van die lotosland waar die lelies groei
En die koningsblom op die boomstam bloei;
Waar jare deur die somer woon
En elke dag met glorie kroon;
Waar sag die koel suidoostewind
Die geil-groen veld begroet as vrind;
En sagter teen die wit strand slaan
Die branders van die oseaan—
Daarvandaan, daarvandaan
Kom ek wat Malie heet!
Vry was ek waar die lotos groei—
Vry waar die koningsblomme bloei;
Waar elke middag sag die reën
Sy gloed ontel’bre trane ween
Oor atap-hut en silwerstrand,
Oor fyn-bewerkte sawaland;
Waar oor die statige vulkaan
Die rookwolk in die môre staan—
Daarvandaan, daarvandaan
Kom ek wat Malie heet!