WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 13: IX.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

IX.

Die Toekoms werp sy skadu op die Hede
Soos wolke van die hemel op die grond;
Die vooruit-skitter van die skemer-vrede
Maak sag die awendstond.
Kan ons dit sien—die son wat diep hieronder
Die anderkant verlig?
Hierna sal ons sy heerlikheid bewonder
Vol in ons aangesig.
Profeet, wat fier die toekoms wil spioen
En wil voorspel wat kan of sal gebeur,
Tuur in die duister van die skemergroen,
Die nag so bont-gekleur:
Sê wat sal worde in die ver woestyn,
Waar kommer lê, en sorg, en louter smart!
Voorspel!—Soos wind-speel in die lug verdwyn
Die vrede uit ons hart.
Dood en berou en smarte lê hier voor,
En magtelose moed wat net kan ly
Om mart’laarskroon te kry.
Bloed op die pad, en bloed-bevlek die spoor
Wat lê die vlakte oor,
Die bosse en die berge op, en deur
Die onbewoonde, woeste, nuwe land,
Waar nog geen mensehand
Vir huis of herberg, klip op klipsteen bou;
Waar net die gousblom-geur
Jaar uit, jaar in, sy eerste rang behou.
Maak dit ons bang, voorspelde rou en bloed
En worst’ling wat die wins hierna vergoed?
Ons wag die dood. Nou ja, ons wag hom lang.
Verwelkom hom met vreugde en gesang!