WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 17: XIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XIII.

Worstel en wen as jy kan;
Of stoei en verloor, as jy moet, soos ’n man—
Soos ’n mens wat kan ly en verdra
As met eeue-ou terge die droefnis pla—
Soos ’n mens wat kan wen en geniet
Wat die guns van die Lot in genade bied,
Oorvloeiend vandag, in brokkies oormôre,
Te min vir jaloersheid, te veel vir sôre.
Worstel en wen as jy kan,
Of stoei en verloor soos ’n man!
Al trek oor die blou lug tesaam
Wolke wat sterlig en sonlig beskaam—
Skadu’s wat skadu’s baar,
Donker, bedwelmend, swaar—
Skadu’s wat statig kwyn
En voor sterre en sonlig verdwyn—
Skadu’s wat kom en gaan,
Soos maand ná maand die maan—
Al trek oor die blou lug tesaam
Wolke wat lig beskaam,
Weet as die skadu’s kom
En die ligvolle wêreld lyk skeef en krom—
Weet dat die skadu’s vergaan,
Soos maand ná maand die maan;
En niks bly oor vir ’n man
As te dra en geniet wat hy kan—
En die nag is swart ferweel,
En die sterre soos goud so geel.