WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 18: XIV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XIV.

Nie vir die loon wat mense ag,
En wat die veld en berg versmaad,
Tevrede met hul groen gewaad,
Wat loon genoeg is vir die dag;
Nie vir die woord wat sê: „Dis reg
Wat jy gedoen het in jou krag”,
Maar, soos die wilde blomme, wag
Sonder besef van goed of sleg;
Nie vir toejuiging wat bely
Die waarheid van wat ewig waar
Sal wees, tot eens die laaste snaar
Breek voor die lied sy einde kry:
Net vir die lus en die genot
Deur krag gegee om krag te win,
Om van die stof wat is, te spin
’n Sieraad vir jouself en God.
Vir Hom hierna om, as Hy wil,
Te prys of laak: net doen vir jou,
En dan die hande saamgevou,
Ootmoedig as ’n kind en stil.
Neem wat die lewe vir jou gee
En vra nie wat hiernamaals kom;
Wat Hy beskik, laat dit aan Hom;
En vou jou hande saam in vree.
Gedenk die dae van genot
Van kindsgebeente af verloop;
En kom daar donker tye, hoop
Jy heers uiteind’lik oor jou lot.
Sag bewe oor die bos die wind,
En sagter roer die wilgerblaar
Wat deur die lente word gespaar,
En dan sy sagte einde vind.