WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 24: XX.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XX.

Elke nasie het sy martelare,
Elke trots ’n traan.
Voor jy goud kan kry uit klipsteen-are,
Moet jy eers die steen tot gruis verslaan,
Bange worst’ling in die droewe nagte
Baar die sterkste krag,
Wat kan stryd voer teen die wildste magte
Misgebore uit die middernag.
Gun die lang-verduurde skimp en skande,
Gun die smart en wee:
Land en volk neem aan die offerande,
En die Toekoms bring waardering mee.