WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 25: XXI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXI.

Agteros, beur teen die bulte op,
Die droë sand deur en die holtes af!
Draf oor die krom klein paadjies, draf,
Vlaktes oor in jou gou galop!
Agteros, beur dat die trektou kraak,
Dat buikplank kreun en wa-rem sing,
En elke boutjie en skroefie bring
’n Deel aan die koorgesang as taak—
Drifte deur en vlaktes oor,
Berge, bulte op en af,
Waar die lang tamboekiegras versmoor
Hoë land, lae land—agteros, draf!
Voort op jou reis na die noorde—voort
Na ’n betere tuiste, ’n mooiere oord!
Draf deur die mollige, sagte sand,
Die stowwerige dons van ’n nuwe land!
Agteros, beur as die wiele raak
Vas in die modder—’n martelwerk!
Beur en trek dat die rieme kraak—
Rieme en wiele is baie sterk;
Vas en stewig en goed beproef
Spyker en bout en gedraaide skroef;
Beste hart van die beste hout,
Sonder kraak en sonder fout,
Sterk genoeg om deur te staan
Knikspoor-skok en bulte-stamp,
Somerbars en winterkramp,
Wind se terge, hael se slaan—
Beur maar, agteros, beur maar op,
Die opdraand boontoe, die afdraand af!
Draf waar daar glad nie ’n pad is nie, draf
Die wêreld oor in jou gou galop,
Noord-toe, oos-toe, na die blou
Wat skitter en skyn nog myle ver,
Waar wilde bosse die weg versper,
En wilde gedierte die poorte hou!
Draf deur die stowwerige, sagte sand
Na ’n nuwe land, ’n vrye land!