WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 26: XXII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXII.

Dis gevoed deur ’n gloed van sonneskyn,
En verwarm deur die strale van goud;
Dit was nimmer jonk, maar al oud en oud
In sy dag van geboortepyn.
Dit was sterk vir die werk, was daar werk voor die hand;
Dit was stadig, bestendig en vas;
Dit was dapper genoeg om die swaarste las
Te dra met geduld en verstand.
As die droefnis te straf was, die donker te swart,
Was dit hoopvol, vertrouend en taai.
Met die os ingespan en die voorkis gelaai,
Was daar moed in die Voortrekker-hart.
Die veld is oneindig, die vlakte só wyd,
En die Toekoms lê duister daarvoor;
Op die veld en die vlakte, daar gaan sy spoor
Getrap in die dae van stryd.
En die worstel en woel het hom taaier gemaak,
Om te ly, om te beur en te dra,
Om nimmer te huil nie, om nimmer te kla,
Om hoopvol te werk en te waak.
Maar die yster het diep in die hart ingeslaan
En sy merke daar agtergelaat—
En die diepste merk is ’n merk van haat
Wat die Liefde alleen verstaan.