WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 29: XXV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXV.

’n ander oom sê plegtig: „Nee!”
En klop sy pyp uit teen die wiel;
„Dis maar ’n fabel sonder siel:
Ek kan jul iets veel beter gee.”
En toe sy tabak plesierig brand
En blou-grys kringe boontoe stoot,
Toe hurk tesame klein en groot
Om toe te luister op die sand—
Want hy is uit die Boland; hy
Het eenmaal daar ’n held aanskou
In kinderjare en onthou
Die storie wat ’n naam moet kry.