WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 31: XXVII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXVII.

Dis later, en die kruisster daal;
Die maan sink oor die randjie neer;
Die naggroen, helder sag en teer,
Bly oor om oor die waens te straal.
En oom en neef sit nog en praat
En haal nog uit die ou doos uit
Die beste wat geheue omsluit,
Voordat die uur van rustyd slaat.
Die een vertel van hoe ’n spook
’n Ou Franshoekse plaas kon terg;
Die ander van ’n Boesman-dwerg
Wat hout aan brand maak sonder rook.
En een wat van die weste weet,
Waar sout geraap word in die pan,
Waar boer nog werk as visserman
En met ’n lyn die water meet,
Vertel, as deur die groen lug skiet
So af en toe ’n ster wat val
In goue strale lank en smal,
Die storie van ou Koenraad Fiet.