WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 33: XXIX.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXIX.

As my asem uit is,
En my oog soos glas,
My gesig soos dooie skulpe op die strand,
En my lyf so koud soos druppels winterdou,
Lê my op die randjie
Waar die son die aalwyn groet
En goeienmôre vir die suurvyblomme sê.
Dek my oor met klippe—
Roes-rooi klippe van die randjie,
Lang verskroei deur somerhitte,
Skoon gewas deur somerreën,
Weer vervuil deur winterstof
Met ’n laag van vuil-geel gruis.
Stapel klippe op my, oor my;
Maak ’n vestingwerk daarvan,
Waar die wapad-sand kan skuil kry
As die warrelwind hom slaan;
Waar die bossie-saad beskut word
Tot die kiemtyd—as dit kom.