Nee huil maar, want die droefnis-traan
Deur diepste, seerste smart gestort
Raak nimmermeer verdwaal en word
’n Aalmoes wat die siel verstaan—
’n Aalmoes wat die liefde hou
En wat die smartvol siel verryk—
’n Gulde God-geseënde blyk
Van eerbied en van broedertrou.