WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 36: XXXII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXXII.

Lang braakland-arbeid, voor die grond kan teel
Die weelde wat sy diepste heimlik hou;
Lang smartvol werk, voordat die veld ontvou
Sy groen en goud en geel;
Eers doodgaan, voor die lewe wat besiel
Die ongespruite saad,
Ootmoedig in die sonskynstraal kan kniel
In geilste groen gewaad;
Eers sukkel deur die smart wat eind’lik baar
Plesier en rein geluk;
Eers ruwe trekke aan die teerste snaar;
Eers sug en buk—
En dan die diadeem, die vol koraal
Wat weerklank gee tot in die sterreryk,
Om nimmer tot ’n klaaglied weg te daal
Voordat die siel beswyk!