Die Opperwese wat ons lot beskik
En heel ons gang bestier,
Sal krag gee sterk te maak en te verkwik
Ook hier.
Hy wat vir Isrel deur die dor woestyn
Gelei het Kanaan in,
Sal ons tot seë deur die droef en pyn
Laat win.
Hy wat die dooie mossie gadeslaan,
Sal ons erbarmend lei
En van die smarte wat ons teëstaan,
Bevry.