WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 38: XXXIV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXXIV.

Kyk t’rug in die verlede! Laat jou gewete kies
Tussen wat oorlog aanbied, wat vrede kan behaal.
Wat is die batig saldo? Wat wins en wat verlies?
Wat is die skuld wat eind’lik die wêreld moet betaal
Vir haat wat harder woeker hoe laer die mensdom sink,
Vir kleinlike jaloersheid wat nyd en bangheid baar
Waarin die mense-liefde meedoënloos verdrink
In diere-hartstog duister aan diere-moed gepaar?
Praat nie van patriotisme; tel nie jou helde oor;
Sus nie jou siel met woorde wat waarheid net verbloem;
Kyk raak, tot in sy hart toe, die onding wat versmoor
Die beste wat die mensdom het om eer te gee of roem—
Verdraagsaamheid en liefde, begrip van egte reg,
En broedertrou en buurmansplig teen elkeen wat bestaan.
Vra dan vir jou gewete waarom jou helde veg!
Vir watter doel, uit watter plig, neem jy jou wapens aan?