WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 39: XXXV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXXV.

Raak nooit jou hoop op uitkoms kwyt,
O broer en suster in jou wee,
As skel die wilde branders skree
En teen die smart jou weerstand slyt.
Die wapens wat jou siel besit,
Is sterk om droefnis af te weer;
Die hefboom wat jou hart hanteer,
Druk self die Noodlot half uit lit.
Hy wat die helm van Liefde dra,
Die harnas van Geloof behou,
En met die skild van Broedertrou
Die ongelykste worst’ling wae—
Hy is gewapen kern en spits
Teen wat ook al sy lot voorspel,
Al is die donker rondom Hel,
Waarin die veraf weerlig blits.