WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 42: XXXVIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XXXVIII.

O prag-gebergte van die Draak,
Diep kloof-gekerfde graat en rand,
Wat skitter oor die nuwe land
En Nátals kroon en sieraad maak!
O keiserryk van blomtuingrond,
Van weelde groen en lommerprag
Wat in ’n gloed van sonskyn wag
Sy sagte rus in awendstond!