WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 47: XLIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XLIII.

Die osse loop die laagland plat,
En uit en in die bossies deur—
’n Nuwe selfgemaakte pad
Belaai met blom-vertrapte geur.
In rye in, in rye uit
As hier en daar ’n herder fluit,
Soos geil, gevlegte berg-klimop
Wat tussen trotse stamme pryk,
So loop die osse kop aan kop
Ry uit, ry in, totdat dit lyk
Die hele wêreld het sy vee
Hier vir die Soeloevolk gegee.
Rooi beeste hier, wit beeste daar—
Wit beeste, spierwit elke haar;
Swart beeste en bont beeste hou
Elk in sy eie klompie trou,
Soos in die blomtuin elke bed
Sy eie kleur-karakter het
En nie met ander kleure ming
Maar elk sy eie blomme bring,
So staan hier elke klomp alleen
In suiwer kleur die ander teen,
En elke klomp ’n duisendtal,
En vyftien klompe teen die wal—
Soos resjimente wat daar staan
Geduldig sonder oog te slaan
Op wat hier omgaan rondomheen,
En elke klomp apart alleen.
Die trotse rykdom van die ryk
Wat hierso voor die vreemd’ling pryk
Om hom te toon—wat hy al gis—
Hoe ryk die Soeloekoning is,
Wat soveel osse eienaar noem,
Wat soveel kleure-klompe roem.