WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 5: I.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

I.

Die môreson bestraal die plaas;
In goue glans lê veld en tuin;
Die leë kraaltjie op die kruin
Glim silwer in die môrewaas.
En op die stoep, en om die stoep,
Daar draai ’n mensehoop omheen;
En een staan op ’n stoel alleen,
En algar hoor hom as hy roep:
„Kom, kêrels, kom! ’n Kandelaar
Van eerste-klas ou silwerwerk—
’n Ouderwetse sieraad, sterk
En sierlik, van die beste waar!
Hoeveel nou vir die sieraad? Kom,
Gee my ’n bod! Die hoogste win.
Ag dalers? Man, jy dink te min:
Dis silwer dit—nie waboomgom!”
Met mooipraat en met skerts vergaan
Die treurig-lang vandiesiedag;
En eind’lik daal die skemernag,
En vredevol bestraal die maan
Die half verkoopte plaas en dal,
Die treurige uitverkoopte huis—
En deur die ope vensters druis
Die wind, wat sag oor alles val.
Die wa staan klaar-gepak, gelaai;
En twee span osse wag hul taak—
En in die leë kamers waak
’n Huisgesin tot hanekraai,
Om met die eerste môregrou
Die vaderplaas vaarwel te wens,
En voort te struikel oor die grens
Tot waar die verte vryheid hou.