WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 50: XLVI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XLVI.

’n stroompie bloed soek uitweg deur die gras
Na laer lande, waar sy nattigheid
Die tingerige halmpies lawend was
Met lewensvog van fierste heldestryd—
’n Kronkelende stroompie, afdraand af,
Wat oor die klippe stadig weg moet kruip
Om by die aalwynblomme in ’n graf
Van dorstig-droë veldsand te versuip.