Bowe in die blou-gekleurde hemel
Swewe statig rond ’n arendvoël.
Met sy sterk verkyker-oog spioen hy
Orals, as hy bowe statig dool.
En hy sien die lyke op die koppie,
Rustig, stil, en weet dis lyke daar—
Dooie lyke wat sy vrind die aasvoël
Vóór vanaand nog kom om te vergaar.