WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 52: XLVIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

XLVIII.

O Dodeland se koningin,
Perséfone!
Wat met blou-swarte oë uit die swartheid staar
En „Welkom, welkom!” roep
Aan elkeen wat die dodeland betree—
O droewige koningin,
O smart-gelouterde, geliefde vrou
Strek uit jou arme, hou
Vir algar hier ’n skuiloord uit en win
Die edele geeste wat geskaar
Tesame aankom om met jou gesin
Van stille rustige dode saam te woon.
Bekroon hul, koningin, bekroon
Elkeen met rus, met vrede ongestoor!
Smart en wat smart nog bitterder kan maak,
Skimp en die skyn van skande was hul deel
Hier op hul eie wêreld. Gee hul rus;
Gun, onder dié wat, toe die tyd nog jonk was,
Moeg van die stryd en radeloos jou ryk
As nuwe dooie burgers, eerbaar, eerlik,
Met roem wat dooie helde hou, bereik het—
Gun onder dié ’n plaas vir hulle. Groet,
Hul met ’n welkomsgroet, en reik die hand—
Jou sagte hand, o koningin—aan elk
Wat hier vanaand jou doderyk besoek.
En jy, ou Charon, roeier van die boot
Wat dooie siele afvoer oor die stroom,
Wees vrindelik met hul en versag jou haat
Teen alles wat ooit lewenslig gesien het.
Dink aan die helde wat jy vroeër vervoer het,
Aan martelare en aan wie vir plig
Eie belang en lewe afgegee het,
En groet hul vrind’lik—almal wat hier kom—
En voer hul veilig oor jou donker stroom.