WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 54: L.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

L.

O ligkomeet wat links van Achernar
Jou blink vuursabel swaai,
En jarelang geduldig
Rondom die son moet draai!
O ster wat maan speel vir ou Jupiter,
Geketting maar nog vry,
En as trawant jou plig doen
Om lig as loon te kry!
O melkstraat saamgevleg uit silwerdraad
Soos wit ryp nuut-gesaai,
Wat deur die hemel kronkel
Met stukkies ster belaai!
O melkstraat, ligkomeet, en o trawant,
Verkondig hemelrond
Dit, wat die donker duister maak
Op Golgotha se grond!