WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 55: LI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LI.

Vinnige strale wat fonkel en skiet
Deur ’n waas van pers en perlemoen
As die môregoud sy glorie giet
Oor ’n wêreld bont met dou geboen.
Eerste straal van die grootste mag,
Vonk van die vors wat oor alles regeer,
Koning met meer as ’n wêreldgesag,
Vader van alles, van algar Heer,
Eerste oorsaak van ons bestaan,
Bron van alles wat lewe en lig,
Wat was, wat is, en wat nooit vergaan,
Waarheen wat siel het, sy siel moet rig,
Eerste God van ons mensdom, spaar
Goud van jou glorie genoeg vandag
Hier vir ’n kroon vir ’n martelaar—
Pragtige gloed vir sy heldeprag.