WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 56: LII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LII.

Maan, ou maan, wat jare deur
Met jou lang-geleende lig,
Met jou bleek gesig,
In nagte deur blomme vergeur
Oor die wêreld waak en wag,
Baie het jy, ou maan, bespeur
In die jare lankal afgeloop,
Van mense-trots en van mense-hoop,
Van bloed verspil en van twis gestry,
Van dade wat nooit vergelding kry,
Van moedeloosheid soos middernag.
En jy merk, ou maan, wat die mensdom dra,
Maan, ou maan, met jou bleek gesig,
Met jou blink geleende sonnelig.
Maan, ou maan, wat nooit nie treur
Maar sedig orals rondom speur,
Kyk hier neer op Golgotha
En sê die son wat hier gebeur!