WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 57: LIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LIII.

Wee wie sy hand bebloed
Met lewensrooi van sy onskuldige broer,
Wie haat met haat vergoed,
En vrederus beroer
Met wilde oorlogskreet en krygsgeskal!
Hy wat die swaard uit die skede trek,
Sal deur die swaard vergaan;
Wie eers die skot in die lug laat knal
En eerste oorlog wek,
Wie eers die blinde woestheid sal laat slaan
Op ’n onskuldige volk wat onbedek,
Bloot voor die aanval staan—
Hy sal vergelding vinde in sy skand’,
In bitter jammer en gewetenssmart—
Hy wat die eerste staan met bloed-bevlekte hand
En broederhaat onstuimig in sy hart.