WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 59: LV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LV.

O aandblom, aandblom, maak oop jou gesig.
Voor nog die skemer kom!
Die hele dag was jou ogies dig,
En jou blaartjies krom:
Nou is dit tyd om jou geur te sprei—
’n Wierook vir hom
Wat as lyk daar lê op die rooi-geel klei,
Vermink en stom.
Waai na die koppie ’n wolk van geur,
O liewe aandblom!
Miskien sal sy veraf gees bespeur
Van wie dit kom,
En jou korte lewe sal lieflik wees,
Aandblom, aandblom,
As jy weet die geur van jou lewensgees
Was geur vir hom.