WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 6: II.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

II.

Ons vra geen klaaglied,
Geen roubetoon nie;
Geen meely-woord van afskeid gee vir ons
Om ons te hoon nie!
Ons het ons lot met albei hande beet,
En gaan die wêreld in.
Ondank en onreg—laat ons dit vergeet:
Ons gaan ’n nuwe land win—
Nie deur onreg nie, nie deur geweld—
’n Nuwe land, waar ons die son kan vat
As in die vroeë môre op die veld
Sy lig in spranke spat.
„Goeiendag, en God sy met jou!” Dit is al
Wat ons verwag.
So gaan ons rustig in die donker dal,
Tot in die nag—
’n Nag waarin gesternte helder fonkel,
Elkeen omraam met fynste groen ferweel;
Waarin die melkstraat kronkel
En met planete speel;
’n Nag wat lei tot vlammende daeraad
Om ons steeds voor te lig.
Kom, vrind’lik handgegee—die laaste daad!
En noord-toe ons gesig!