WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 60: LVI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LVI.

Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die randjie rond:
„Dit het gereën; die veld is nat,
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: „Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: „Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen—
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
„Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.”