WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 64: LX.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LX.

As die skemer kwyn
En die maanlig skyn
Op die grastapyt om die klooffontein,
Kom die klein kabouterjantjies saam,
Soos dit klein kaboutertjies betaam.
Hulle dans en spring,
Hulle praat en sing,
Tot die dagster dag in die ooste bring.
Waar die water bruis
Oor geslepe gruis
En die koel aandwind deur die keurbos suis
Met ’n sedige, slaperige, sag refrein,
Is ’n gras-omgorde klooffontein,
Wat slinger en daal
Om die kloof te haal
Eer sy water tussen die gras verdwaal.
In ’n kermisdrag
Met juwele-prag
Is die skaar gedos, en die vliegies wag
Om hul lig te gee vir die dansparty,
Waar die mooiste dans in die voorste ry.
En die sterre skyn,
En die maan verfyn
Met ’n silwer-skitter die klooffontein.