WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 65: LXI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXI.

Nader die lig van die Dood, wat die oë laat fonkel
In ’n laaste geglim eer die lig van die lewe verdwyn—
Net soos die skyn
Van die sinkende son op die see as sy goudstrale kronkel
Oor rollende golwe en branders wat strand-toe lei,
Oorskuimend om sag op die sand hulle lykbed te kry;
Net soos die vuurstraal daarbo—waar die ster, as hy gly,
Saggies verglip van sy hemelse anker, verdwaal
Voordat hy aarde bereik as hy aarde-toe daal—
Goudglans en skitter en weelde kry.