WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 67: LXIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXIII.

Hulle het gespeel in die môreskyn
Met die son se goud en die grond se groen;
Hulle het gedrink van die wind se wyn,
En die sagte dou het hul koel gesoen.
Onder die bome, in die gras,
Nat met môrevog gewas,
Waar alles rondomheen hul wys
Dit is ’n nuwe paradys,
Het hulle gespeel in die môreskyn
En die wierook geruik van die wind se wyn.
Hulle lê nou stil in die skemergroen,
So aaklig stil as die lig verdwyn.
Die Dood, nie dou nie, het hulle gesoen,
Om verlossing te gee van hul martelpyn.
Tingerige lykies, ru vermink,
Waaroor die nag se duister sink,
Om in die donker die pad te wys
Na ’n betere, nuwere paradys—
Eensaam, stil in die skemergroen,
Deur die barmhartige Dood gesoen.