WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 69: LXV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXV.

O God der Leërskare help
Ons volk in noute vasgeklem,
Stroef deur die heidenmag oorstelp
Hier in ons nood verhoor ons stem,
O God der Leërskare help!
O Abrams God, U sterke hand
Het eenmaal Isrel uitgelei
Na die beloofde Kanaanland:
Help ons vandag as ons hier stry,
O Abrams God met sterke hand!
Verlosser, Vrind, hier in ons nood
Verhoor, en help, en gee ons krag!
Versag die droefnis van die dood,
Verlig die duister van die nag,
Verlosser, Vrind, hier in ons nood!