WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 7: III.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

III.

Die swart pondokke staan in kring;
En om die vuur sit man en vrou
Om ernstig same raad te hou
Oor watter lot die môre bring.
Weemoedig praat daar een en knik,
En gee sy stem vir gaan of bly;
Wat eenmaal slaaf was, is nou vry
En kan na wens sy wandel skik.
„Die Oubaas trek oormôre voort—
Die hele huis met Oubaas mee—
Die hele huis en al die vee,
En alles wat aan Oubaas hoort.
En ek wat slaaf van jongs-af was,
Onthou oorlede Oubaas sê—
Oorlede Oubaas, wat dáár lê,
Dáár onder die begrafnis-gras:
‚Pas goed op kleinbaas Jan, en hou
Jou eerlik, Malie, as jy kan;
Jou tate was ’n goeie man:
Hy was vir my en myne trou’.
En ekke hier, wat kleinbaas Jan
Geabba het en perdgery—
Sal ek as vuilgoed agterbly,
Om hier te lewe soos ek kan?
Oorlede Oubaas het gegee
Sy woord aan hier ou Malie: ‚Hou
Jou soos jou pa-goed, eerlik, trou,
En pas op kleinbaas.’—Ek trek mee!
En hier’s Regina, wat kan staan
Getuie van die waarheid! Sê
Vir ons wat wil die Oubaas hê:
Ons swartgoed—moet ons bly of gaan?”
En ou Regina antwoord: „Nee,
Wat Malie sê, is eerlik waar.
Ek werk vir Ounooi twintig jaar—
Ek bly nie agter: ek trek mee.”
. . . . . . . . . . .
Die pòndok-vuur is uitgebrand;
En oud en jong lê vas aan slaap
As teen die maan die honde gaap
En duisendpote roer die sand.
O Liefdetrou, wat stand nòg kleur
Tot enge kleinheid wil beperk,
Maar wat, deur weldaadsmag gesterk,
In offerande plig bespeur,
Nie minste teken van jou mag
Is hierdie swartvolk wat jou eer,
En, slawe vroeër, nou vry, begeer
’n Deel van wat die Trekkers wag.