WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 70: LXVI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXVI.

In sy geel-gepleisterde koningspondok
Lê die koning op sy karos;
Sy oë is swaar met die las van slaap,
En sy hand laat sy kierie los.
En die vonke van die vuur verspring
In die koel sag aandlug rond,
En die flikkerende skadu’s van die vlam
Dans voor hom op die grond.
En onder sy slaap-swaar ooglid deur
Gewaar hy die skadu’s dans—
Net soos ’n verwilderde vlermuis klap
In die skemer teen ’n krans.
En hy sien hoe die skadu’s groter word
En neem gedaantes aan—
Net soos verstrooide wolke vorm
Gestaltes teen die maan.
En die koning skrik, en sy hande klem
Om die kierie weer te gryp—
Maar sy hand is styf, soos die môredou
Verstywe deur die ryp.
En die skadu’s fladder oor die grond,
En stadig groei hul groot,
En die swaarte druk op die koning se bors
So swaar soos swaarste lood.
En die koning wil roep, maar sy stem is stom,
Sy verhemelte lam en droog—
En hy lê daar roerloos soos ’n lyk
Met wyd-geopende oog.
Die skadu’s kom al naderby
En neem gedaantes aan—
Net soos die môremis eerdat
Die son sy krag verslaan.
Dis manne, vroues, kinders dié
Wat uit die skadu’s tree—
Dis spookgedaantes van die nag
Wat om die koning skree.
Met wolwekloue tas hul hom aan,
En streel sy yskoue lyf—
Met hande kouer as die ys
En as die dou so styf.
Hulle algar kom die pòndok in,
Dosyne, een vir een;
En oor hul flikker die vuur se vlam
Sy skadu’s net soos reën.
En die oudste skadu-gedaante strek
Oor die koning sy dooie hand,
En sy oë fonkel soos vonke vuur
As die rooibos-hout verbrand.
„Ek kom uit die nag en die duister uit
Waar die geeste doelloos dwaal—
Die vermoorde skaar wat op jou bevel
In die duister neer moes daal.
Daar is baie van ons wat jou weer wil sien,
Dingaan, eer die laaste dag;
Daar is baie van ons wat vergelding eis
En moeg is om langer te wag—
Want die bloed wat swart in die son verdroog,
Gekors soos die opstoot-klei
Wat die spruit laat staan as hy vleiwaarts daal,
Roep wraak om jou dwinglandy,
En die wedevrou en die wewenaar
En die weeskind sit en wag,
En ’n opgevrete iempie-swerm
Verlang na jou dag en nag.
Ek kom om die koning bevel te gee
Van ’n groter Koning as hy—
Van ’n Koning wat diep in die duister wag
Om Sy reg en Sy wraak te kry.
Dingaan, eer die maan tot twaalfmaal groot
Gegroei het en weer verklein,
Eer die sikkeldoring tweemaal sy blom laat val
En sy blare weer verdwyn,
Daag dié Koning jou voor Sy koningstoel,
In Sy donker, duister saal,
Waar die lang-vermoorde mense dool
En die vader-geeste dwaal;
En Hy roep jou daar om reg te gee
Vir alles hier gedaan,
Waar ’n lange ry van klaers wag,
En die ewige regters staan.”
Die vonke fladder weer in die lug,
En die skadu’s oor die grond,
En die koning skrik, en hy rek hom uit
En staar in die duister rond.
En die vlammetjies flikker oor die vuur,
Want die hout is half verbrand—
En die skadu’s dans weer halfpad wit
Oor die koue grysvaal sand.