WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 71: LXVII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXVII.

Dink, duiwelskind, wat mense noem Dingaan—
Dink as die donker oor jou hoofstad daal—
Dink as die sterreglans jou land bestraal
En in die môreskemerskyn vergaan—
Dink agtertoe en vorentoe as jy droom
Van wat die Toekoms in vergelding hou,
Van liefde wat tot haat ontaard, en trou
Wat afdaal tot verraad wat sonder skroom
Jou afgod-kapiteinskap inmekaar
Tot duisend flenters in ’n oomblik slaan
As in die duister van die nag vergaan
Jou land, jou troon, en hier jou heidenskaar
Van krygsgeoefende manskap ring-bekroon,
Van veelgekleurde, uitgesoekte vee,
Van roof en buit wat elke krygstog gee,
Van al wat in jou heiden-hoofstad woon!
Dink agtertoe, waar in die newelgrys,
Nòg ster-verlig nòg maan-bestraal, maar grou
En barensswanger met die môredou,
Die stemme van vermoorde mense rys—
Elkeen om aanklag teen jou aard te maak—
Elkeen om teen jou siel te protesteer,
Met duisend tonge wat jy nie kan keer—
Elkeen om skuld te eis, geregte wraak!
En, duiwelskind, wat mense noem Dingaan,
Bewe as jy dink, en sidder in jou hart,
En klem jou kierie vaster in jou smart,
En smeek genade van die blinde maan—
Die maan wat neergesien het op jou spel
Met mense-hartstog en met mense-pyn,
Blind en genadeloos met silwerskyn—
’n Blinde, blink lantêren in jou hel!