WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 73: LXIX.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXIX.

Die vlag wat eenmaal oor ons was,
Is nou nie meer ons vlag:
Verskroei verlede maand se gras—
Daar ’s nuwe groen wat wag.
Die Spinnekop se wimpels stroom
Daar waar die seewind waai;
Die ou nag met sy donker droom
Het tot die lig gedraai.
Rooi, wit en blou en kruise drie—
Dis niks vir ons vandag!
Net maar herinnering wat ons nie
Wil ruil vir wat ons wag.
Sint-Joors, Sint-Andries en die Ier
Is niks vir my en jou!
Kom saam ’n nuwe feesdag vier,
’n Nuwe vlag ontvou.
Die groen van wat God om ons rond
Gesaai het wêreldwyd,
Die tint wat hier tapyt die grond
Deur al die somertyd—
Laat dit ons eerste vlagkleur wees:
Die groen wat Hoop voorspel,
Wat voorbeeld is van al die gees
Wat nimmer tart nòg kwel.
En rooi, die kleur van lewensbloed—
Laat dit as twede pryk,
Herinnering aan die Heldemoed
Wat land en volk verryk.
Die derde blou, die donkerblou
Wat berg en laagland verf,
Tot teken ons geslag bly Trou
Aan wat ons eind’lik erf.
As laaste kies die witste wit—
Die kleur van Reinste goed—,
En vleg dit same in gelid
Met groen en blou en bloed.
Die kleur van Hoop, die kleur van Trou,
Die kleur van lewensbloed,
Die spierwit Reinheid wat behou
Die krag van Heldemoed—
Meng al dié vier en maak vandag
’n Vierkleur-vlag daarmee—
’n Nuwe vlag, ’n reine vlag,
Vir vryheid en vir vree!