WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 74: LXX.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXX.

Ek kyk deur skadu-lane na die dae wat nog sal wees,
En my oë is vol met trane, en my siel is siek van vrees.
Ek sien ’n veld vol lyke; ek hoor ’n donder dreun—
Die arme teen die ryke, wat worstel, stoei en steun.
Die goud wink oor die velde, die sonskyn laat hom glim;
Wat afstam van die helde, verdwaal en volg ’n skim.
Die wit-gevlerkte engel soek angstig na ’n skuil
Deur swarte rawe omsingel, wat tier en kraai en huil;
Die reuse van die aarde met salwende woord bedrieg;
En waarheid ken geen waarde waar elkeen veins en lieg;
Geregtigheid belaster en onreg opgekraam,
En ridderplig verbaster onder ’n nuwe naam.
Ek sien in broedertwiste ’n trotse huis verdeel,
En snode heidenliste waarmee die mensdom speel;
Verraad en ontrou wemel, en mense-trou is weg,
En elkeen roep die hemel getuie dat hy veg
Vir reinste, skoonste doele, vir vryheid, God en land,
As in die modderpoele hy worstel met verstand.
Die sterre skyn in vrede en kyk op aarde neer,
Die woelige ou Verlede sien laggend alles weer—
Sy skande en sy smarte, sy haat van mens teen mens,
Sy boos-besielde harte vol wreedheid onbegrens.
Ek sien die land in puine, die volk van vreug gespeen,
Lang grafte op die duine waar sag die seewind ween,
Die koningvelde gragte, die veld ’n Golgotha,
Onmenselike kragte wat offerande vra.