WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 75: LXXI.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXXI.

Kom dra wat oorbly van die man,
En lê dit in sy graf alleen—
En gee jou rustyd as jy kan,
Totdat die tyd van droefnis speen.
Sê: „Hy het mart’laar hier gespeel;
As held sy land en volk geëer—
En ek, en wat ek het, kan deel
In roem waarop die toekoms teer.”
Maar weet: Herinnering stok-alleen
Doen land nòg nasie blywend goed!
Oorerfde roem is regtig seën,
En ryke skat is heldebloed:
Navolging van die voorbeeld wag
Op louter eer en lofgeskal;
Bid om dieselfde mart’laarskrag
In tyd van struikel en verval.
Roem, soos jy moet, die marteldaad;
Eer, soos jy moet, die heldedood—
Maar sorge dat jy nooit versmaad
Die voorbeeld in die dag van nood.