WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 77: LXXIII.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

LXXIII.

Wees vrinde en bou op
Wat lank verwoes lê, uit die puin.
Die daglig glinster god’lik op die kruin
Van elke berg en kloofrand; op die top,
Daar groet die rots die eerste lewensstraal,
Wat lewe bring en haal;
En elke wind basuin
Die nuwe leus: „Bou op, maak reg, en win
Uit afgebreekte puinehope weer
Wat half verloor was; en vereer
Wat klein is van begin
Maar groot sal worde as met werk en vlyt
Eenparig algar, elkeen van sy taak
Hom naarstig, ernstig kwyt,
Om eind’lik in ’n nuwe, beter dag
Voldoening vol te smaak,
As om hom wêreld-rond die weelde-prag
Van nuut-gesaaide winste pryk,
En land en nasie trots die hoof kan hou,
Sonder verdriet of berou,
En fier kan voorgee: Ons is ryk—
Ryk in herinnering van deurstane smarte,
Ryk in besit van droef-gelouterde harte,
In moed, in trou, in werk,
In deug wat aangroei en versterk,
Totdat die jare ophou, en tyd vergaan—
Totdat die son geen lig meer leen nie aan die ou afgeleefde maan!”