WeRead Powered by ReaderPub
Dingaansdag cover

Dingaansdag

Chapter 8: IV.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

Die bundel bied ’n reeks losse, hoofsaaklik liriese gedigte wat liefde vir die moederland en kommer oor volksgestelde toestande verwoord. Dit wissel tussen ryk botaniese en landskapbeskrywings en ernstige besinning oor onreg, verdeeldheid en verlies, met konkrete tonele van plaaslewe en die uitverkoop van erfenis. Die digter spoor aan tot eenheid, hoop en moed, en bepleit heropbou van gemeenskaplike krag; historiese herinnering en hedendaagse kritiek word langs mekaar geplaas. Stylisties beweeg die werk tussen invokasie en loflied aan die land, en elegieë wat morele refleksie en roepings tot daadvoering bevat.

IV.

Die donker in!
O het jy vrees om in die bange nag
Die toekoms tegemoet te gaan? te wag
Die lang smartvolle ure deur, tot lig,
Die môreskyn, sy troos op jou gesig
Laat val, Voortrekker? Sê my, is jy bang
Om in die donker in te gaan? Verlang
Jy om die lig wat sloer, terug te win?
Die donker in!
Die donker in!
En vorentoe, wat lê daar? Smart en sorg,
En kil berou en kommer! Wie’s jou borg
Dat uit die blinde worstelstryd sal skiet
Iets werd die helfte van verspilde verdriet,
Van trane, sugte, weemoed, hoop’loosheid,
Verpand vir niks in al die sware stryd
En met die laaste oorwinning nog te win?
Die donker in!
Die donker in!
Die langste nag moet eind’lik daeraad gee;
Die swaarste onweer eind’lik rus en vree.
Wie aanhou vol vertroue, hy moet win,
Al gaan hy ook die diepste donker in.
Die sterre lewe nog; die son sal skyn;
Die maan se glans is nog nie dood verkwyn.
Die lendene omgord, wie moed bemin!
Die donker in!