NABERIG.
Ons het die “Boesman-Stories” in vier Deeltjies geskrijwe:—
Deel I bied ons tans aan, en handel oor die godeleer en vertellings wat in nouw verband staan met die Boesman se godsdienstige opvattings.
Deel II sal bevat dierstories, soos deur Boesmans vertel. Dadelik sal opgemerk word dat die Boesman se verhale van die Diere glad anders klink as die Hottentotstories. Bij die Boesmans is Wolf glad nie die domkop en Jakhals altijd die slim man nie.
Deel III sal bevat gemingde verhale wat betrekking het op die Boesmans hulle gebruike en gewoontes.
Deel IV sal eweneens bevat gemingde vertellings wat meer van ’n avontuurlike aard is.
Die Boesman-stories is maar nog baie onbekend, en daar bestaan geen beter hoop om hulle later beter te ken nie. Dus hoop ons dat oningewijdes van baie dingetjies in hierdie “Boesman-Stories” sal hoor wat hulle nog nooit ter ore gekom het nie—daar sal minstens ’n honderd sulke sprokies meegedeel word.
Die lewensaard, die strijd om te bestaan en die gedagtes van ’n Boesman, wat aan uitsterwe is, is wel interessant genoeg om te volg, en voer ons eeuwe terug in die gees, al staan ons nou op die treetjies van Heden.
Die Skrijwer.
Kolofon
Beskikbaarheid
Hierdie e-boek kan deur enigiemand gebruik word, oral, gratis en met weinige beperkings. U mag dit kopieer, weggee of hergebruik in terme van die Project Gutenberg Lisensie hierby ingesluit, of aanlyn by www.gutenberg.org.
Hierdie e-boek is gelewer deur die aanlyn Distributed Proofreading span by www.pgdp.net.
Metadata
| Titel: | Boesman-Stories: Deel I. Mitologie en legendes | |
| Skrywer: | Gideon Retief von Wielligh (1859–1932) | Info |
| Illustrator: | R. F. Keet | Info |
| Taal: | Afrikaans | |
| Oorspronklike publikasiedatum: | 1919 |
Hersieningsgeskiedenis
- 2020-05-26 Begonnen.
Eksterne verwysings
Hierdie Project Gutenberg-e-boek bevat eksterne verwysings. Hierdie skakels werk moontlik nie vir u nie.
Regstellings
Die volgende regstellings is aan die teks gemaak:
| Bladsy | Bron | Regstelling | Redigeerafstand |
|---|---|---|---|
| I | . | [Verwyder] | 1 |
| 3, 117 | reen | reën | 1 / 0 |
| 34 | werge | berge | 1 |
| 109 | Hamerkop-voël | Hamerkopvoël | 1 |
| 126 | Tie | Toe | 1 |
| 133 | [Nie in die bron nie] | “ | 1 |
| 146 | Dit | Die | 1 |
| 172 | [Nie in die bron nie] | ” | 1 |
| 174 | vooltjie | voëltjie | 1 |
Afkortings
Oorsig van afkortings gebruik.
| Afkorting | Uitbreiding |
|---|---|
| Tvl. | Transvaal |