WeRead Powered by ReaderPub
Boesman-Stories, Deel 2. Dierstories en ander verhale cover

Boesman-Stories, Deel 2. Dierstories en ander verhale

Chapter 19: ’N RIEL.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

A collection of San animal tales and short folk narratives rendered into Afrikaans that presents character sketches in which animals talk, change form, and personify social traits. The episodes—featuring crows, vultures, lions, wolves, jackals, baboons, ostriches and other creatures—explain behavior and moral quirks while retaining oral rhythm and vivid natural detail. An introductory essay contrasts regional storytelling styles and explains the editor's effort to preserve authentic voice with only light smoothing. Occasional poems and performance notes accompany the stories, highlighting mimicry of natural sounds and communal aesthetics. Overall, the volume balances entertainment, ethnographic observation, and faithful reproduction of traditional material.

No. 40.

Boesman-gedigte.

OPMERKINGS:—Om die Boesman reg te laat wedervaar, neem ons ’n paar van sy gedigte op. Daar is baie daarvan; dog as ons ’n vertaling daarvan moet lewer, dan word dié bepaald waardeloos, omdat die gedigte meestal nabootsings in sy eie taal van natuurklanke is. So boots b.v. ons blank kinders die tortelduif se sang na as: „Werk stadig! Werk stadig!” Of dié van die lemoenduifie as: „Ek gaan na Woester toe! Ek gaan na Woester toe!” Vertaal dit in ’n ander taal en kyk dan watter gebrou dit afgee. Maar ons het darem ’n paar gedigte deur ’n mak Boesman gemaak, opgevang. En dié kan ons met ’n sekere mate van vrymoedigheid aanbied. Let op, die rymmaat is in ooreenstemming met hulle dansmusiek, of riele, gebring. Baie reëls en parte van die gedigte word oor en oor herhaal.

DIE DIERE GAAN WATER DRINK.

Die diere die kom,

Die diere die kom,

Die diere die brom—

Hul draf na die water toe.

Met kop na die grond,

Hul sterte swaai rond—

Hul draf na die water toe.

Namakwa-patrys,

Wat water kan wys—

Hy vlie na die water toe.

Die kwagga loop voor,

Die leeu vat spoor—

Hul draf na die water toe.

Die Boesman wag daar,

Met boog en sy snaar—

Hy kruip by die water weg.

Die diere kom drie,

Die pyle die vlie

En skiet by die water dood.

Die Boesman kry kos

En spring uit die bos—

Hy hol na die water toe.

Die wild lê rond skop,

Hy moker die kop

Van wild wat by water vrek.

’N RIEL.

Mans:

Kwagga, kwagga met sy bont poot saam.

Kwagga, kwagga met sy rond poot saam.

Kwagga met sy knoppoot saam.

Kwagga met sy kloppoot saam.

Meide:

Ei! Hy blaas as hy draf.

Ei! Hy snork as hy draf.

Ei! Hy trippel met sy voorlyf weg!

Mans

(met hande in die sy):—

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Meide:

O, dis sy wegdraf dié!

O, dis sy pronkslag dié!

Mans:

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hoeit! (en handegeklap.)

Mans:

Korhaan, korhaan met sy speekbeen saam.

Korhaan, korhaan met sy blink skeen saam.

Korhaan, korhaan met sy lang nek saam.

Korhaan, korhaan met sy plat bek saam.

Meide:

Ei! Hy koes as hy draf.

Ei! Hy buk as hy draf.

Ei! Hy trippel met sy voorlyf weg!

Mans

(met hande in die sy):—

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Meide:

O, dis sy wegdraf dié!

O, dis sy koesslag dié!

Mans:

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hoeit! (en handegeklap.)

Mans:

Hiekie, kriekie met sy groot toon saam.

Hiekie, kriekie met sy swart boon saam.

Hiekie, kriekie met sy strykstok saam.

Hiekie, kriekie met twee-lok saam.

Meide:

Ei! Hy wip as hy spring!

Ei! Hy glip as hy spring!

Ei! Hy trippel met sy groot toon weg!

Mans

(met hande in die sy):—

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Meide:

O, dis sy wegloop dié!

O, dis sy wegspring dié!

Mans:

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hòggô! Hòggô, hòggô, hòggô!

Hoeit! (handegeklap en gelag.)

(Dan volg een herhaling van hierdie riel ná die ander, tot hul weer ’n ander een opvat.)