WeRead Powered by ReaderPub
Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie cover

Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie

Chapter 12: MOORD EN DIEFSTAL.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The author offers a preliminary ethnographic report on Bushman culture, synthesizing travellers' accounts and archaeological evidence—notably rock art—to consider origins and antiquity. The lecture systematically surveys subsistence, social organization, customs, personal names, intergroup relations, moral judgments, and the effects of contact and decline, while outlining language, geographic knowledge, sciences such as medicine and botany, and expressive practices including music, dance, poetry, and visual art. The treatment is observational and tentative, aims to correct misconceptions in the published record, and calls for further, more detailed research.

MOORD EN DIEFSTAL.

En dit het alles plaasgevind toe Boesman alleen ’n onverdeelde Suid-Afrika besit het. Toe hy sy eie mense moes vermoor as die moordlus in hom begin opwel; maar toe ander rasse begin inkom, en ’n nuwe soort “wild” (d.w.s. skape en beeste) op sy jagterrein verskyn het, was daar nuwe mense om te vermoor, en nuwe redes daartoe. Na die witman se aankoms was dit eers die Hottentotskaapwagter wat hul vermoor het om die vee in die hande te kry. Die geliefkoosde wyse was om sy kop in te slaan terwyl hy slaap, sê Fritsch, en al die ou reisigers vertel van moord van die wagters en steel van die vee. Maar hulle het nie alleen wagters vermoor nie, ook loslopende mense, soos onder ander, een van Lichtenstein se bodes. Hoe erg hulle by die begin van die neentiende eeu was, kan ’n mens besef as jy die dagverhaal van die reisigers van daardie dae lees, en merk hoe dikwels hulle, selfs in die kort tydjie van die duur van hul reis, iets van moord en diefstal van die Boesmans te sê het. En hoe langer die stryd aanhou, hoe wreder word die Boesman. Dieselfde Barrington al vroeër aangehaal, vertel hoe hulle ’n Hottentot begrawe het sodat sy kop net uitsteek, en hoe hy die hele dag lank die kraaie moes wegja met kopbeweginge. Gelukkig is die Hottentot die aand nog gered.