The Project Gutenberg eBook of Iets oor die Boesmankultuur

This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this ebook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you will have to check the laws of the country where you are located before using this eBook.

Title: Iets oor die Boesmankultuur

Author: Reenen J. Van Reenen

Release date: February 27, 2020 [eBook #61525]
Most recently updated: October 17, 2024

Language: Afrikaans

Credits: Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at http://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)

*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK IETS OOR DIE BOESMANKULTUUR ***

IETS OOR DIE
BOESMANKULTUUR.

BOESMANMEID.

BOESMANMEID.

Na Parkes in “Wanderings of a Pilgrim” 1850.

Oorspronklike titelblad.

IETS OOR DIE
BOESMANKULTUUR
De Nationale Pers Beperkt, Bloemfontein,
1920.

VOORWOORD.

Die boekie wat nou die wereld ingaan is ’n afdruk van ’n lesing wat ek in Januarie 1920 voor die Suid-Afrikaanse Akademie by hul sitting op Stellenbosch gehou het.

Deur hul kuns is my belangstelling in die dwergies eers gewek, en later toe ek besef dat alleen deur ’n dieper studie van hul “kultuur” ’n mens die Boesmankuns ten volle kan waardeer, het ek besluit om die nodige kennis te probeer opdoen. Die studie het vir my die Boesman in ’n heeltemal nuwe lig getoon, en was vir my so interessant dat ek goedgedink het om my ontdekkinge aan die Akademie mee te deel in die hoop dat hulle ook die onderwerp van belang sou vind. Dat my hoop nie ongegrond was nie, word bewys deur die feit dat hul my die eer aangedoen het om die lesing in boekvorm te laat druk.

Soos ek in die inleiding sê, is diè lesing maar ’n voorlopige rapport in verband met my studie. Later, as daar genoeg belangstelling getoon word, sal ek miskien ’n meer afgewerkte behandeling van die onderwerp kan uitgee en verder besonderhede oor die beeldende kuns van die Boesman byeenbring.

By so ’n molike later uitgawe sal daar ’n geleentheid wees vir volledige aantekeninge in verband met die bibliografie.

R. J. v. R.

INHOUD.