WeRead Powered by ReaderPub
Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie cover

Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie

Chapter 22: PERSOONLIKE NAME.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The author offers a preliminary ethnographic report on Bushman culture, synthesizing travellers' accounts and archaeological evidence—notably rock art—to consider origins and antiquity. The lecture systematically surveys subsistence, social organization, customs, personal names, intergroup relations, moral judgments, and the effects of contact and decline, while outlining language, geographic knowledge, sciences such as medicine and botany, and expressive practices including music, dance, poetry, and visual art. The treatment is observational and tentative, aims to correct misconceptions in the published record, and calls for further, more detailed research.

PERSOONLIKE NAME.

Was die Boesman ernstig toe hulle dit kom sê, is die storie pragtig; het hulle dit vir ’n grap bedoel, is dit nog mooier. En daar is mense wat wil beweer dat ’n man wat soiets kon sê, nie eers sy kind ’n naam kon gee nie. Daar is mos baie skrywers wat weet te vertel dat die Boesmans nie name gehad het nie. Dit is nie nodig om die bewering ernstig te weerspreek nie, ons weet dat hul name had, maar daar moet darem ’n rede wees waarom so ’n storie begin het, en die skrywer meen dat hy die rede ontdek het. Ons moet weer Campbell raadpleeg—die arme sendeling wat die inboorling in die algemeen en die Boesman in besonder nie kon verstaan nie, maar wat tog deur die snaakse kaskenade wat hy met die Boesman aanvang, so ’n helder lig op die vraagstuk werp. Campbell skrywe:

“It was some time before I could even learn what was the captain’s name. They consulted together three or four minutes laughing several times. The captain appeared to be requesting his wife to help him, either to recollect, or to decide what was his proper name. At length … he said his name was Hoakay.…”

Onder baie inboorlinge word dit nie toegelaat om ’n man se naam te noem nie. Onder seker Bantoe-stamme was dit nie eers toegelaat om enige lettergreep te gebruik wat voorkom in die naam van die kaptein nie, en as ’n gevolg, by elke verandering in die kapteinskap, moet ’n nuwe klomp woorde opgemaak word. Dit is die werk van die vrouens en dié gewoonte heet die Hlonipa. Die skrywer het nog nie bewys gevind dat daar ook so ’n taboe onder die Boesmans bestaan het nie, met uitsondering van die verhaal van die seun wat bal-bal met die Wind gespeel het, en een of twee ander verhale van dieselfde soort; maar tog sou die bestaan van die gewoonte of bygeloof heel wat feite verklaar.