WeRead Powered by ReaderPub
Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie cover

Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie

Chapter 24: DAPPERHEID.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The author offers a preliminary ethnographic report on Bushman culture, synthesizing travellers' accounts and archaeological evidence—notably rock art—to consider origins and antiquity. The lecture systematically surveys subsistence, social organization, customs, personal names, intergroup relations, moral judgments, and the effects of contact and decline, while outlining language, geographic knowledge, sciences such as medicine and botany, and expressive practices including music, dance, poetry, and visual art. The treatment is observational and tentative, aims to correct misconceptions in the published record, and calls for further, more detailed research.

DAPPERHEID.

En daar het rede bestaan vir die eerbied, nie alleen vir hulle kuns nie, maar ook vir die dapperheid van die klein mensies wat so dapper was dat oorlogvoerende Bantoe-stamme Boesmans gebruik het in die voorfront van die geveg.

Vir dapperheid en vryheidsliefde is die Boesman nog nooit oortref deur enige ander nasie nie. Die punte kan miskien die beste duidelik gemaak word deur stories en uittreksels uit die geskiedenis van die Boesmans in die laaste jare van hulle eensydige stryd vir hul land en hul vryheid. Maar voordat die verhale voorgelê word, om diegene stil te maak wat miskien sal beweer dat dit nie skone dapperheid was nie, moet dit geboekstaaf word dat Boesmans al uit louter mensliewendheid hul lewe in pand gestel het om Kaffers te red—ja om selfs ’n jong hondjie te red.

In die volgende storie is dit nie alleen die dapperheid maar die brutale humor van die Boesman wat jou tref. Campbell praat weer:

“’n Groot span Boesmans het ’n rukkie gelede na ou Lattakoo gegaan en in die helder middag ’n klompie vee in gesig van die dorp gebuit. Die inwoners, om rede ’n pak wat hul onlangs van die Boesmans ontvang het, was so bevrees, dat hul geweier het om hul op te volg. Dié bangbroekigheid het die Boesmans so aangemoedig, dat hul na die grens van die dorp kom en potte eis om die vleis van die buitgemaakte diere in te kook.”

Om die dapperheid van die Boesman te bewys, kan daar baie gevalle aangehaal word, maar vir ons doel is dit genoeg om te vertel hoe die Boesmans leeus jag. Hulle wag tot die leeu hom dik gevreet het en rustig slaap, dan bekruip hulle hom, en party van die jagters, want hulle gaan nie alleen nie, skiet hom, terwyl die ander ’n groot karos om sy kop woel sodat hy hul nie kan verslind voor die gif werk nie. Mense wat hartkwaal het, behoort so ’n jag nie by te woon nie!

Op Bainsvlei, naby Bloemfontein, het die ou Mnr. Bain baie leeus geskiet. Hy het ’n heel klompie mak Boesmans ook op sy plaas gehad wat hy daar vir sy plesier aangehou het, en as daar ’n leeu moet geskiet word, gaan hy op ’n plek voorlê en hulle, ongewapend, moet die leeu gaan lok van sy lêplek, tot waar die baas voorlê. Fritsch vertel dié storie vir die waarheid1.


1 Onder Stow se tekeninge is daar een wat bewys dat die storie waar is.