ONREINIGHEID.
Maar selfs met hulle enorme kapasiteit, as die dier groot is, en die famielie klein, spreek dit vanself dat die Boesman in die somer werklik wedywer met die aasvoël, nie alleen in die skerpte van sy oë nie, maar ook in sy smaak vir geurige kos. En as die geur van die sterkruikende aas hul nie verhinder om dit tussen hul lippe te sit nie, moet ons ons ook nie verwonder as die teenwoordigheid van ’n Boesman dikwels deur die neus te bespeur is voordat die oog hom sien, want hul het hul lyf met vet besmeer, en ’n Boesman sou nie somaar goeie eetbare vet gebruik nie! Op die vet kom dan stof, as, of op feesdae, rooi of ander kleur verf. En, was? Nee, dit was by die Boesman ’n onbekende iets. Fritsch in sy behandeling van die huidkleur van die ras, gee vir ons terloops ’n goeie idee van hoe vuil hul was. Hy bekla die moeilikheid wat ’n mens het om die ware kleur te sien, want die huid lê onder ’n dik laag vuil. Maar gelukkig, sê hy, kom daar darem water op hul huid as hul deur ’n rivier moet gaan, en met die natuurlike werking van die huid, skilwer die stof ook af, sodat daar hier en daar ’n min of meer skoon kolletjie sigbaar word totdat hul hul weer smeer.
Maar miskien is die beste aanhaling nog die naïewe manier waarop Campbell vertel van hoe hulle sy raad ontvang het. Hy sê:
“Ek het die Boesmans, wat baie vuil is, aanbeveel om hulle af-en-toe in die naburige vleie te was. Hulle het die idee grappig gevind, maar kon nie verstaan waartoe dit sou dien nie.”
Later vertel hy ons weer van ’n ander paartjie wat hy ontmoet het, en toe hy vir die man vra wanneer hy hom laas gewas het, bly die hom ’n antwoord skuldig, maar die meid die skater van die lag!