The Project Gutenberg eBook of Boesman-Stories, Deel 3. Die boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede

This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this ebook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you will have to check the laws of the country where you are located before using this eBook.

Title: Boesman-Stories, Deel 3. Die boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede

Author: G. R. Von Wielligh

Illustrator: H. A. Aschenborn

Release date: December 10, 2020 [eBook #63998]
Most recently updated: October 18, 2024

Language: Afrikaans

Credits: Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)

*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES, DEEL 3. DIE BOESMAN SELF, SY SEDES, GEWOONTES EN BEKWAAMHEDE ***
[Inhoud]

[Inhoud]

Boesman-Stories.

[Inhoud]

Oorspronklike titelblad.

Boesman-Stories.
Deel III.
Die Boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede.
ALLE REGTE VOORBEHOU.
DE NATIONALE PERS. BEPERKT. Drukkers en Uitgewers. Kaapstad, Stellenbosch, Bloemfontein en Pietermaritzburg.
1921.

[Inhoud]

’n Paar Woorde Vooraf.

Hierdie slag het ons die eer om Deel III van “Boesman-Stories” in die hande van die Publiek te lê. Deel I het ons ’n insig gegee hoe flou die godsdienstige begrippe van die Boesman is; in Deel II is ons vergas geword op Stories wat enigsins die diepte van sy denkvermoë peil. Dus, tot sover het ons hom met ons verstand gevolg.

Maar nou in hierdie Deel III en ook in Deel IV stel ons hom in sy eie natuur kaal en bloot voor die oë van die leser. Ons sal hom in sy tuiste en in die veld, as versorger van sy gesin en kunstenaar, as jagter en krygsman, stap vir stap op die hakke volg. Dus, ons wil nou met sy persoonlikheid en geaardheid kennis maak.

Die eerste twee Dele is dus Stories deur Boesmans vertel; die volgende twee is Verhale omtrent Boesmans meegedeel. In die eerste geval was die outa as Storie-verteller aan die woord: in die laaste geval is die skrywer die verteller. Dus kan dit moontlik van ons verwag word dat ons ’n meer verhewe skryfstyl moet aanpas. Dog na ons beskeie mening sal ons afbreuk aan die egtheid van die materiaal doen om dit met ’n vergulde nerfie oor te blaas. Ons het nou eenmaal met ’n eenvoudige skryftrant begin: vergun ons dan ook om dit also te eindig.

In die eerste twee Dele het ons volkome vertroue op ons eie aantekeninge gestel, en het dus vermy om gebruik [2]te maak van mededelings in druk, geskrif of mondeling: dog in die laaste twee Dele moes ons in seker Hoofstukke (Deel III, om die skakels saam te knoop) gebruik maak van geskiedenis en boeke wat ons by die geleentheid sal aanhaal. Verder is ons baie dank verskuldig aan mnr. Emanuel de Roubaix, van Roggeland, Nieuwoudtville, mnr. A. W. van Zijl, van Klein-Breipaal, Kenhardt, en ds. W. S. Rörich, van Kroonstad (vroeër van Namakwaland), vir hulle welwillendheid om ons bydraes te stuur, waardeur hierdie werk sy oorspronklike karakter handhaaf. Ons reik hul die hand van dankerkenning uit en gee hul ’n warme handdruk as ’n blyk dat ons hulle onselfsugtige medewerking baie hoog op prys stel. Ieder se bydrae sal ons waar dit ingevleg is, spesiaal aanhaal.

In Jakob Platjie het ons reeds baie feite oor Boesmans meegedeel; om daardie gegewens hier uit te sluit, sal ons die volledigheid van hierdie werk nie reg laat wedervaar nie; daarom vul ons die nodige besonderhede ook hier in.

Hierdie Deel is miskien meer van ’n wetenskaplike aard, so eenvoudig voorgestel as dit in ons vermoë geleë is; dog die volgende Deel IV is avontuurlik en minder so. Daarin kry ons te doen met gevegte met en deur Boesmans, dan sal ons regtig leer wat in ’n Boesman sit.

Die Skrywer.